Herinlewering van opdragte

Gewoonlik word studente net toegelaat om die opdrag een keer in te lewer.

As jy wil, kan jy die stelling aansit en dit sal die studente toelaat om meer as een opdrag in te lewer. Dit kan die studente aanmoedig om beter werk te lewer.

Evaluasie van 'n opdrag hang af van die aantal kere wat die opdrag al gemerk is. Dus as 'n student nog 'n opdrag inlewer sal die opdrag 'n kandidaat wees om deur 'n klasgenoot gemerk te word. Maar, as 'n student 'n klomp werkstukke vinnig na mekaar inlewer sal al die werkstukke ewe veel kans hê om gemerk te word. Prioriteit word nie gegee aan die nuutste opdragte nie.

As die student se finale punt uitgewerk word, sal die hoogste punt gebruik word. Hier beteken hoogste punt die geweegde gemiddeld van die onderwyser se punt en die klasgenote se punt.