Aantal opdragte wat klasgenote moet evalueer

Gewoonlik sal drie tot agt klasgenote 'n spesifieke student se werk evalueer. Met ander woorde elke student sal gevra word om die aantal ander studente se werk te merk. Hoe groter die opdrag is,in terme van inhoud, hoe kleiner moet die getal wees, anders gaan die evaluasie te veel werk wees vir ander studente. Elke student moet genoeg voorbeelde sien om te kan onderskei wat is 'n goeie werkstuk en wat is 'n swak werkstuk. Maar, om die evaluasie vermoë van 'n student deeglik te evalueer sal meer evaluasies van die student verlang word. Die prestasie sal moontlik nie akkuraat bepaal kan word as die student net drie of vier evaluasies doen nie.

As daar genoeg werk ingelewer is (10 of meer), sal die stelsel vir elke student ten minste een goeie werkstuke en een swak werkstuk gee. Dit kan slegs gebeur as die onderwyser die werk gemerk het voordat die studente evaluasies begin. Die onderwyser hoef nie AL die opdrag te merk nie, net 'n paar sal nodig wees. Die onderwyser se evaluasies hier hoef nie by die finale punt ingesluit te word nie maar word net gebruik as 'n wegspring punt. Let Wel: as die stelling aan is dat die onderwyser punt aan studente getoon word sal die punt eers aan die einde van die inlewerings fase getoon word.

Die aantal wat klasgenote moet merk kan nul wees. In die geval moet die student self sy werk evalueer (as die stelling aan is) of slegs die onderwyser merk die werk.