Aantal evaluasies van studente se werk

Die nommer bepaal of 'n student gevra sal word om ander studente se werk te merk. As dit nie nul is nie, sal elke student die aantal werkstukke gewys word en gevra word om hulle te evalueer. Na die evaluasie kan die student wie se werk dit is die kommentaar en ook moontlik hulle punt sien wat die ander student vir hulle gegee het. (Die proses kan herhaaldelik plaas vind). Die onderwyser kan dan selfs die studente se evaluasies merk en die punt sal gebruik word om hulle finale punt uit te werk. As die onderwyser wil kan hy sy kommentaar en punte aan die studente beskikbaar stel.