Bestuur van 'n werkswinkel opdrag

'n Werkswinkel opdrag is meer kompleks as 'n gewone opdrag en bestaan uit 'n paar fases:

  1. Die evaluasie van die opdrag moet in 'n paar evaluasie ELEMENTE opgedeel word. Dit gee die studente 'n raamwerk om te gebruik in hulle evaluasies. Die onderwyser moet die elemente/punte staat opstel. (Sien die bladsy vir meer details.)

    As die elemente opgestel is sal die onderwyser gewoonlik 'n paar voorbeelde gee. Studente kan eers die voorbeelde evalueer voordat hulle met hulle eie werk begin. Maar, voordat die opdrag aan die studente beskikbaar gestel word moet die onderwyser ook die voorbeelde evalueer. Dit geen vir die studente ook 'n idee hoe om die werkstukke te evalueer.

    Die inhandiging van voorbeelde is opsioneel en dalk nie van pas by alle voorbeelde nie.

  2. Die opdrag is nou oop aan alle studente. As die onderwyser voorbeelde gegee het kan die studente gevra word om 'n sekere aantal van die voorbeelde te evalueer. In die geval, moet die onderwyser die studente se evaluasies merk om seker te maak dit is op standaard voordat hulle self met hulle eie werk begin. Die standaard is gestel na 40%. As die student die benodigde aantal evaluasies "geslaag" het, kan hulle begin om hulle eie werk in te handig.

    As 'n student werk inlewer kan die onderwyser, as benodig, die werk evalueer. Die evaluasie kan gebruik word om die student se finale punt uit te werk. Die evaluasies kan voor en na die keer datum gedoen word.

    As die opdrag deur klasgenote gemerk word, sal studente wat opdragte in gegee het ander studente se werk gewys word om te evalueer. As hulle klaar die werk gemerk het sal die student wie se werk dit is die evaluasie kan sien(maar die student kan nie daarop kommentaar lewer nie). Die onderwyser kan wel die evaluasies merk en daarvoor 'n punt gee wat gebruik sal word om die student se finale punt uit te werk.

  3. Na die keerdatum, skuif die onderwyser die opdrag na die volgende fase, nou kan die studente nie meer werk in lewer of ander se werk evalueer nie. Die onderwyser bereken nou die finale punt vir die studente. Die finale punt bestaan uit drie komponente, die onderwyser se punt, gemiddelde punt van die klasgenote se evaluasies en die punt wat die onderwyser vir die student se evaluasies gegee het.  Die onderwyser gee vir die drie komponente 'n gewig voor die berekening van die finale punt.
  4. In die finale fase word studente toegelaat om hulle finale punt te sien. As dit benodig word kan die onderwyser die opdrag terug skuif na die vorige fase om veranderings te maak aan bv. die gewig van komponente.