Evaluasie strategie

Daar is 'n paar evaluasie strategië beskikbaar:

  1. Geen punte toekenning In die tipe opdrag gee studente nie 'n kwantitatiewe evaluasie nie. Die studente lewer kommentaar maar gee nie 'n punt nie. Die onderwyser kan wel vir die studente se kommentaar punte gee. Die punte vorm die basis van die student se finale punt. As die onderwyser nie punte toeken nie sal daar geen finale punt wees vir die opdrag nie.
  2. Akkumulatiewe evaluasie. Om evaluasie te vergemaklik, moet elke opdrag 'n paar "Opdrag Elemente" bevat. Elke element handel oor 'n sekere aspek van die opdrag . 'n Tipiese opdrag sal tussen 5 en 15 elemente hê vir kommentaar en evaluasie, dit sal afhang van hoe ingewikkeld en hoe lank die opdrag is. 'n Klasgenoot opdrag met net een element word toegelaat en is dieselfde as 'n standaard Moodle opdrag.

    Die elemente het die volgende kenmerke:

    1. Die BESKRYWING van die element. Dit moet duidelik stel watter aspek van die opdrag word geevalueer. As die evaluasie kwalitatief is, is dit behulpsaam om te sê wat word beskou as Uitstekend, Gemiddeld of Swak .
    2. Die SKAAL van die element. Daar is 'n paar gedefinieerde skale. Daar is van eenvoudige Ja/Nee skale, tot meervoudige skale tot volle persentasie skale. Kies die skaal om aan te pas by die aantal variasies wat die element kan hê. Let Wel: die skaal bepaal nie die element se gewig met die bepaling van die finale punt nie, 'n 2 punt skaal tel dieselfde as 'n 100 punt skaal as hulle dieselfde gewig het...
    3. Die GEWIG van die element. Met verstek word dieselfde gewig toe geken aan al die elemente met die berekening van die finale punt. Dit kan verander word deur belangrike elemente 'n gewig te gee meer as een, en minder belangrike elemente 'n gewig minder as een. Om die gewig te verander, verander nie die maksimum van die totale punt nie, die waarde word bepaal deur die MAKSIMUM PUNT stelling by die klasgenoot opdrag. Gewigte kan 'n negatiewe gewig kry (daar word nog ge-eksperimenteer met die stelling).
     
  3. Aspekte wat ingesluit moet word. Die elemente sal items of aspekte beskryf wat ingesluit moet word by die opdrag. Die evaluasie word gebaseer op die feit dat elemente ingesluit is of nie. Die onderwyser moet 'n tabel opstel met voorgestelde punte wanneer al die aspekte ingesluit is, as een nie ingesluit is nie, as twee nie ingesluit is nie, ens. As party items belangriker is as ander kan hulle 'n gewig kry van groter as een. Minder belangriker items kan 'n gewig kry van minder as een. Die totale "fout optelling" is die som van die gewig van alle items wat weggelaat is. Die persoon wat die werk evalueer kan altyd klein verstellings maak aan die gewig.
  4. Evaluasie kriteria. Die elemente sal elk 'n stel "vlak" stellings hê wat gebruik kan word om die opdrag mee te evalueer. Die stellings kan akumulatief wees of self behoudend. Die evalueerder moet besluit watter stelling pas die beste by die opdrag. Die onderwyser moet vit elke stelling 'n punt gee. Dit sal normaalweg in rangorde volg. Die evalueerder kan klein verstellings maak aan die punte.