Opdrag elemente
Om evaluasie te vergemaklik, moet elke opdrag 'n paar "Opdrag Elemente" bevat. Elke element handel oor 'n sekere aspek van die opdrag . 'n Tipiese opdrag sal tussen 5 en 15 elemente hê vir kommentaar en evaluasie, dit sal afhang van hoe ingewikkeld en hoe lank die opdrag is. 'n Klasgenoot opdrag met net een element word toegelaat en is dieselfde as 'n standaard Moodle opdrag.
Die tipe elemente hang af van die opdrag se evaluasie strategie.
Geen evaluasie. Elemente beskryf aspekte van die opdrag. Die persoon wat die opdrag evalueer moet op al die aspekte kommentaar lewer. Soos met alle strategië is daar 'n plek vir algemene kommentaar.
Akkumulatiewe evaluasie. Die elemente het die volgende kenmerke:
Aspekte wat ingesluit moet word. Die elemente sal items of aspekte beskryf wat ingesluit moet word by die opdrag. Die evaluasie word gebaseer op die feit dat elemente ingesluit is of nie. Die onderwyser moet 'n tabel opstel met voorgestelde punte wanneer al die aspekte ingesluit is, as een nie ingesluit is nie, as twee nie ingesluit is nie, ens. As party items belangriker is as ander kan hulle 'n gewig kry van groter as een. Minder belangriker items kan 'n gewig kry van minder as een. Die totale "fout optelling" is die som van die gewig van alle items wat weggelaat is. Die persoon wat die werk evalueer kan altyd klein verstellings maak aan die gewig.
Evaluasie kriteria. Die elemente sal elk 'n stel "vlak" stellings hê wat gebruik kan word om die opdrag mee te evalueer. Die stellings kan akumulatief wees of self behoudend. Die evalueerder moet besluit watter stelling pas die beste by die opdrag. Die onderwyser moet vir elke stelling 'n punt gee. Dit sal normaalweg in rangorde volg. Die evalueerder kan klein verstellings maak aan die punte.