Berekening van die final punt

Die tabel op die skerm wys hoe die student se finale punt bereken is. Die finale punt is die som van vyf geweegde komponente.

  1. Die onderwyser se punt. Dit is optioneel en word slegs gebruik as die onderwyser die werk gemerk het. As die student meer as een werkstuk in lewer word die beste punt gevat. Hier beteken hoogste punt die hoogste punt van die geweegde kombinasie tussen die onderwyser se punt en die klasgenote se punt...
  2. Die gemiddeld van die klasgenote se punt vir die werk. As die student meer as een werkstuk ingelewer het word die beste punt gevat. Die punt kan optioneel die onderwyser se punt insluit. Dit kan ingesluit word omdat die klasgenote se punt baie laag is of as dit bleik dat die klasgenoot punt  bevooroordeeld is(gewoonlik baie hoog) of nie betroubaar is nie. As die onderwyser se punt ingesluit word, word dit dieselfde behandel as die ander punte om 'n gemiddeld uit te werk.
  3. Die studente se bevooroordeelde punte. As die studente se punte te hoog of te laag is. Dit is nie 'n absolute maatstaf  nie aangesien dit gebaseer is op die verskil tussen die student se punt en die klasgenote se gemiddelde punt vir elke werkstuk wat hulle gemerk het. Oor die algemeen behoort die komponent nie 'n hoë gewig te hê nie.
  4. Die studente se betroubaarheid.Dit meet hoe goed die student ander studente se gemiddelde punt volg. Teoreties as 'n student hoë punte gee vir goeie werk en lae punte vir slegte werk sal sy betroubaarheid hoog wees.
  5. Die gemiddelde punt wat die onderwyser gee vir die student se evaluasies van ander se werk. Dit sluit in evaluasies wat die student gemaak het op voorbeeld werkstukke en punte wat die onderwyser toeken gedurende die evaluasie fase. Oor die algemeen is die komponent meer belangrik as komponent 3 en 4 en moet meer geweeg word as die vorige twee.

Die vyf komponente kan geweeg word om aan te pas by die opdrag. Byvoorbeeld die onderwyser se punt sal baie hoër geweeg word as die studente se evalusies van ander se werk nie 'n groot deel van die opdrag uitmaak nie. As die onderwyser net 'n paar werkstukke merk kan die punte geignoreer word deur die gewig na 0 te stel. As die opdrag gaan oor die studente se evaluasies en oordeel kan die vorige twee komponente na 0 gestel word en die punt sal slegs uitgewerk word op hulle oordeel vermoë.

Let Wel: die skerm word herhaaldelik gebruik en die finale punt word gewoonlik eers ingesluit as al die fases afgehandel is. As die onderwyser tevrede met die finale punt en die gewig kan die punte aan die studente bekend gemaak word.