Hoe om in Wiki formaat te skryf

Bladsye met Wiki formaat voorsien 'n maklike en intuïtiewe manier om gewone teks op te merk na 'n maklike leesbare formaat wat omgeskakel sal word na XHTML wanneer dit vertoon word. Die voordeel is dat jy nie hoef  HTML te leer om goeie resultate te verkry nie, en die teks wat jy skryf lyk goed, selfs voor dit omgeskakel word. Jy kan dit doen eerder as om Word dokumente as HTML te stoor, nou kan jy nog die hulpbron redigeer in 'n gekoppelde omgewing.

Jy skryf basies gewone teks, en voeg dan spesiale karakters by om die formatering te doen.

Paragraaf blok formatering

Paragraaf blokke word deur ten minste een lyn geskei. Om 'n paragraaf te formateer, voeg een van die spesiale karaketers by in die eerste karakter op die eerste lyn van die paragraaf gevolg deur 'n spasie...

Karakter Blok Tipe
Geen karakter Gewone paragraaf
> Aanhaling
Spasie Pre-Geformateerde Teks ("Monospaced")
% Pre-Geformateerde Teks en Wikki formaat word geignoreer
!# Opskrif - # is 1-6, dit is die vlak van die opskrif (1 is die grootste)
Q. Vraag - styl inligting word by die paragraaf gevoeg om vraag/antwoord beter voor te dra (in tema)
A. Antwoord - soos bogenoemde

Lys Formatering

Lyste kan maklik opgestel word deur 'n spesiale karakter voor aan die lys by te sit gevolg deur 'n spasie. Die lys se einde word deur 'n oop lyn getoon. Lyste kan binne in lyste op gestel word. Definisie Lyste se definisies en gewone teks kan gemeng word op die regte effek te kry. Die spesiale karakters...

Karakter Lys item tipe
* Ongeordende Lys ("bullets")
# Geordende Lys (1,2,3 ens)
: Definisie Lys, definisie
; Definisie Lys, teks

Lys binne 'n lys voorbeeld:


  * Eerste Bullet

  * Tweede Bullet

  ## lyn 1

  ## lyn 2

  * Derde Bullet

Dit gee:

Spesifieke lyn formatering

Spesifieke lyn formatering laat 'n sekere deel van 'n lyn 'n sekere styl aan neem. Die spesiale karakters wat gebruik word kan enige plek in die lyn voor kom, maar die formatering kan nie lyne kruis nie. Die karakters...

Voorbeeld Voorbeeld Formatering
*hello world* hello world Bold
/hello world/ hello world Italics of Beklemtoning
+hello world+ hello world Teks wat ingesit is
-hello world- hello world Uitgewis of "Strikethrough"
hello ~world~ hello world Subskrif
hello ^world^ hello world Superskrif
"hello world" hello world Aangehaal
%hello world% hello world Kode of "Monospaced"
@hello world@ hello world Aanhaling

Akronieme

Skryf die akroniem in hoofletters gevolg deur die beskrywing in parentese. Daar moet geen spasie wees tussen die akroniem en die parentse nie. Voorbeeld...

HTML(Hypertext Markup Language)
HTML

Hiper Skakels

Skakels word in teks geplaas en gevolg deur (sonder spasies) die teks wat vertoon moet word in hakies. Voorbeeld: http://www.google.com/(Doen Soektog) sal omgeskakel word na Doen Soektog.

Moodle Module Skakels

As jy die Moodle id nommer (kyk vir ?id=nn aan die einde van 'n module adres) en die module naam ken, kan jy na die hulpbron skakel met:

ModuleName:nn(Beskrywende Teks)

vb., resource:36(My New Page) forum:10(Jump to forum)

Moodle Prent Skakels

Grafiese beelde kan in wiki teks gesit word. Jy moet die prent op laai(let die pad ("path") na die prent). Die kode is:

/..pad na lêer..(teks wat vertoon moet word)

byvoorbeeld, /mypics/graphic.jpg(My Foto)

Outomatiese Formatering

Mees algemene funksies word outomaties omgeskakel na hul XHTML ekwivalent.. Die hoof funksies...