Beskikbare Menings Opnames

Huidiglik het Moodle slegs 'n paar Menings Opnames (In die toekoms sal meer beskikbaar wees).

Die opnames is gekies omdat hulle baie handig is om 'n gekoppelde omgewing mee te evalueer wat onderrig aanbied. Die opnames kan neigings onder jou deelnemers identifiseer. (Kyk hier vir 'n deeglike analise van die gebruik van die opnames: http://dougiamas.com/writing/herdsa2002)


COLLES - Constructivist On-Line Learning Environment Survey

Die COLLES bestaan uit 24 stellings gegroepeer in 6 skale, elkeen help ons om sleutel vrae oor die aanlyn omgewing te beantwoord:

Relevansie Hoe relevant is die kursus tot die student se professionele praktyk?
Refleksie Stimuleer die kursus die studente se kritiese reflektiewe denke?
Interaktiwiteit Tot watter mate studente aan gekoppelde opvoedkundige gesprekke deelneem?
Tutor Ondersteuning Hoe goed laat die tutors die studente deelneem in die gekoppelde omgewing?
Ondersteuning van klasgenote Gee mede studente mekaar sensitiewe aanmoedigings?
Interpretasie Verstaan die studente en tutors mekaar se aanlyn boodskappe?

Ondersteun die dinamiese oogpunt van leerwerk, dit is 'n nuwe teorie oor kennis: 'social constructivism', wat die leerder voorstel as 'n aktiwe voorsteller(denker) binne 'n sosiale interaktiewe leeromgewing. 'Social constructivism' is 'n epistemologie, 'n manier van kennis opdoen, leerders werk saam om iets te verstaan en te bou aan hulle kennis, veral in die konteks dat hulle persoonlike ondervindings deel terwyl hulle saam iets probeer uitvind.

Die samewerking help studente om hulle kommunikasie vaardighede te verbeter, hulle verbeter hulle vermoë om oop kritiese gesprekke te voer met hulle onderwysers en klasgenote. Die kommunikasie word gekarakteriseer deur pogings om mekaar te probeer verstaan, en 'n kritiese houding in te neem en alles wat van selfsprekend aanvaar word te ondersoek.

Die COLLES is ontwerp om jou te help monitor tot watter mate jy die vermoë van die  Wêreld  Wye Web aanwend om studente te bereik in 'n dinamiese leer omgewing.

(Die inligting kom van die COLLES bladsy. Vind meer uit van COLLES by: http://surveylearning.com/colles/)


ATTLS - Attitudes to Thinking and Learning Survey

Die teorie van 'ways of knowing', (Belenky et al., 1986), voorsien ons van 'n menings opname wat ons kan help om die kwaliteit te bepaal van kommunikasie in 'n omgewing van samewerking.

Die 'Attitudes Towards Thinking and Learning Survey' (ATTLS) is 'n instrument wat ontwerp is deur Galotti et al. (1999) wat vasstel tot watter mate 'n persoon  'verbonde kennis' (CK) of  'geskeide kennis' (SK) het.

Mense met hoër CK tellings is geneig om meer te hou van leer, en is meer geneig om saam te werk, en is bereid om op die idees van ander te bou, terwyl mense met 'n hoë SK telling geneig is om baie krities te wees en 'n teenstrydige houding in te neem teenoor leer.

Navorsing het getoon dat die twee leer metodes onafhanklik van mekaar is (Galotti et al., 1999; Galotti et al., 2001). Dit is slegs 'n weerspieëling van houdings ten opsigte van leer, nie die persoon se kapasiteit om te leer of sy intellektuele vermoë nie.

Belenky, M. F., Clinchy, B. M., Goldberger, N. R., & Tarule, J. M. (1986). Women's Ways of Knowing: The Development of Self, Voice, and Mind. New York: Basic Books, Inc.

Galotti, K. M., Clinchy, B. M., Ainsworth, K., Lavin, B., & Mansfield, A. F. (1999). A New Way of Assessing Ways of Knowing: The Attitudes Towards Thinking and Learning Survey (ATTLS). Sex Roles, 40(9/10), 745-766.

Galotti, K. M., Reimer, R. L., & Drebus, D. W. (2001). Ways of knowing as learning styles: Learning MAGIC with a partner. Sex Roles, 44(7/8), 419-436.