Hulpbron Tipes

Hulpbronne kan enige inhoud bevat. Hier is die verskillende tipes, dit spesifiseer hoe toegang verkry word tot die inhoud:

Gewone teks - dit is die eenvoudigste tipe. Jy kan die inhoud in tik(redigeer) op 'n vorm op die volgende bladsy. Van die inhoud sal outomaties geformateer word. Meer inligting oor gewone teks:

HTML teks - Vir meer gevorderde gebruikers. Geen outomatiese formatering vind plaas nie, jy moet self die  HTML kodes bysit.

Verwysing - verwysing na 'n boek of joernaal.

Opgelaaide lêer - wys enige lêer wat opgelaai is in die kursus. Gaan kyk na die "Lêers" gedeelte om te sien watter lêers daar is.

Web skakel - 'n URL na 'n plek iewers op die web. As enige iemand op die aktiwiteit klik sal hulle na die web blad buite Moodle gaan (die bladsy sal in die browser venster verskyn).

Web Bladsy - 'n URL na iewers op die web. Soos die vorige tipe sal dit 'n web bladsy vertoon, maar met die tipe sal die bladsy binne 'n raam in Moodle vertoon word asof die bladsy deel is van Moodle.

Program - 'n program wat inligting nodig het oor die huidige Moodle gebruiker. Dit laat ander web programme toe om met Moodle saam te werk.

Wiki teks - laat meer formatering toe as gewone teks, en jy hoef nie HTML te leer ken nie. Jy tik gewone teks maar daar is formatering karakters wat jy kan insluit (bv. *die sal bold gedruk word* /dit sal skuins gedruk word/) om maklik formatering mee te doen.