Meervoudige Keuse vrae

In antwoord op 'n vraag (kan prente insluit)  moet die student uit 'n paar moontlike antwoorde kies. Daar is twee tipes meervoudige keuse vrae - enkele antwoord of meervoudige antwoord.

Enkel - net een antwoord word toegelaat. Oor die algemeen is alle punte vir die vraag positief.

Meervoudig - laat een of meer antwoorde toe - elke antwoord kan 'n positiewe of negatiewe punt hê, so deur al die antwoorde te kies sal nie noodwendig 'n goeie punt gee nie. As die totale punt negatief is sal die punt vir die vraag nul wees. Wees versigtig, dit is moontlik om vrae te maak wat meer as 100% tel.

Elke antwoord, reg of verkeerd,  sal terugvoer lewer,  - die terugvoer sal langs die vraag getoon word  (as die toets gestel is om terugvoer te lewer).