Kursus Begin Datum

Hier spesifiseer jy die begin datum van die kursus (in jou eie tyd sone).

As jy 'n 'weeklikse' kursus formaat gebruik, sal dit die vertoning van die weke affekteer. Die eerste week sal begin op die datum wat jy hier spesifiseer.

Die stelling sal geen effek hê nie op kursusse wat die  'sosiale' of  'onderwerp' formaat gebruik.

Dit sal die vertoning van 'log' inskrywings affekteer, omdat die datum gebruik sal word vir die vroegste moontlike datum waarop aktiwiteite vertoon kan word.

In die algemeen maak dit sin om die datum te stel na die regte begin datum van jou kursus, maak nie saak watter kursus formaat jy gebruik nie.