Opdrag Tipe

Daar is 'n paar verskillende opdrag tipes

Ongekoppelde aktiwiteit - word gebruik vir opdragte wat nie in Moodle gedoen word nie. Studente sien 'n beskrywing van die opdrag, maar hoef nie enige lêers elektronies in te handig nie. Onderwysers kan wel punte toeken aan opdragte, en dan vir studente kennisgewing gee van hulle punte.

Handig 'n lêer elektronies in - met die tipe opdrag moet die studente 'n lêer(van enige tipe) elektronies inhandig. Dit kan Word dokumente wees, 'n prent, 'n web blad, of enige iets wat jy vra. Onderwysers kan die opdrag merk in 'n gekoppelde omgewing.